Tuesday, March 6, 2012

4. Suksesvolle partytjies

Wat kan ek sê? Was nogal spyt ek het dit gemis 
- nie dat ek welkom sou wees nie.


Hulle sê as die bure nie kla nie was die partytjie nie suksesvol nie. En so amper was die house warming by die huis nie n sukses nie. Net toe ons dink die partytjie was boring ontvang Christof gister een email van n buurvrou waarin sy kla dat die kinders tot 11.30 op Saterdagaand (is dit erg?) partytjie gehou het en gesing het op die bandstand (reeds deur ons na afloop van Christof se 50e as 'optreeplek' afgesweer nadat die bure vroegaand al gekla het. Maar die kinders moes dit self leer.) Haar grootste klagte blyk dit, (want sy se sy hou gewoonlik daarvan as mense vrolik is en as dit nie te gereeld gebeur nie) was dat hulle vals gesing het! Kon nie Willemien gewees het nie so Adam en sy pelle is skuldig. Adam se verweer is dat hulle n onskuldige swempartytjie met n slippery slide (weet nie of dit n goeie idee was nie maar dis blykbaar groot pret as jy laas op 9 jarige ouderdom daar afgegly het) deur die dag gehou het en die musiek al teen 9.30 uur begin binne toe skuif het - wie moet ek glo?


Ons is onseker of die kinders vooraf partytjienotas in die bure se posbusse gaan gooi het. Willemien het tog laat weet dat sy op die hoogtepunt van die partie haar bedenkinge begin kry het en nou sal gaan ekskuus vra en n presentjie vat. Ek het Adam aangese om by die tannie te gaan tee drink en te gaan vriende maak. Verder het hulle streng opdragte dat dit die laaste wilde partytjie in The Ring was en dat die bandstand verder net vir romantiese glasies wyn en teedrink bedoel is, so hou maar duimvas.


In ag genome dat hulle n lewendige lotjie is, is ons baie bly die kinders pas die huis op en dat daar nog geen major probleme opgeduik het nie. Adam ry rond om ons onafgehandelde admin te help oplos en vra so ewe allerhande huishoudelike vragies soos waar om die motorhek te laat regmaak terwyl Willemien wat as 'hoofmeisie' optree, help sorg dat die klomp seuns wat in die huis bly, onthou om te eet.


Renée 20 en Anna 4



Verjaarsdagpartytjie aan hierdie kant was ook suksesvol. Ek en Adam, Willemien, Stefanie en Arné het Renée wakker gesing (lg vier op Skype was nog flouerig van die vorige dag se partytjie - tydsverskil het hulle gered om betyds op te wees). Verder het Katrin en Francois gesms en Jessica het gebel. Renée kon uiteindelik haar outfit wat spesifiek vir Lady Gaga bedoel was, toe dit gesneeu het en sy dit nie kon dra nie (sien skoene), aantrek! 


Ons het drie gaste vir aandete genooi want Christof het het eers die middag terug gekom uit Engeland: Tess, Christof se assisent, n baie oulike Amerikaanse meisie en Cecile Aptel, n kollega van Christof en haar dogtertjie, Anna (hulle is Frans/Engels). Die kleintjie verjaar more en ons het sommer vir haar ook n present gekoop en n kersie geblaas - sy is so cute. Ons het heerlik gekuier, hoenderpastei en melktert geëet en die gaste huistoe gestuur met ekstra cupcakes - mens kan mos nie daarsonder verjaar nie!x


.
Hou maar die skoenwinkels dop. Renée is reg vir die lente hier 
en in SA met haar nuwe flatforms.