Om die hoek van ons. |
Bure se tuinstoele |
Sneeuhoede ala "Albertus Swanepoel NY" Onthou om die mooi artikel oor hom te lees in SARIE (Maart 2012) nou op die rakke. |
Nog mooier in die aand. |
3 Maart
Die ligte sneeu het twee dae gehou en vandag heeltemal gesmelt. Dit was wonderlik om op Skrikkeldag (so saam met Gagga) die sneeu te sien wat begin val. Snaaks dat dit defnitief anders klink as reendruppels op n sambreel - n kraakgeluidjie met elke sagte vlokkie. Dit het deur die nag lig gesneeu en toe ons gisteroggend wakker word het daar steeds n lagie versiersuikersneeu oor alles gesif gele.
Die Amerikaners bly mos in speelgoed huisies wat lyk asof dit vir n mini-dorp temapark gebou is. Wanneer daar sneeu op die dakke le voel dit regtig vir my asof ek in een van daardie glas ornamente bly wat jy skud, die sneeu sien rondwaai en wat dan gaan le. Ek onthou hoe ek hierdie houtwonings 25 jaar gelede al nie ernstig kon opneem nie. Huise is mos veronderstel om gepleister te wees en gebou te word van bakstene, sement en teels.
Voor julle dalk dink ek probeer poëties klink (ek skryf net n paar notas om te onthou) terug na die werklikheid. Renee verjaar more en dis n uitdaging sonder die belangrikste mense in haar lewe (darem seker naas ma - en pa wat more later by ons aansluit): haar sussie en Arne, boetie en Stefanie en die twee groot maats tuis - Katrin en Jessica. Sou ook gaaf gewees het as Francois (boyfriend) hier kon wees.
Daar was n house warming (tema: American Braai - hoekom?) by Huis Heyns in The Ring vandag. Hopelik is die spannetjie teen 3 uur moremiddag wakker om op Skype te help sing. Ons getalle is erg uitgedun hierdie rondte - seker die eerste keer wat ons net twee van die vyf is om die een vir die ander te sing.
Tot op hede (dis nou 2uur die oggend by julle) het ek nog geen boodskappe van die bure, van ADT, die brandweer of die polisie gekry nie, so ek neem aan ons huis staan nog. Enige spies wat dalk wil uitpraat?