Tuesday, March 13, 2012

5. Ons stap, en ons stap en ons stap nog. Hollywood toe.

Ons stap winkel toe met ons trektrollie!

Law School, pragtige splintenuwe gebou.

Christof en Renée op pad


Amerika is groot, niks is net om die hoek soos in Heidelberg, Duitsland nie. Ons is goed geleë hier in Cambridge, Massachusetts, of so het ek gedink totdat ek begin agterkom het waarheen ons oral moet gaan. Christof is so 5 min se vinnige stap van die Law School af wat ideaal is, dis waarheen hy hoofsaaklik wil gaan. Om fiks te bly, ry hy nou en dan fiets vir n uur of twee. 


Renée is nog in die proses om in n skool geplaas te word - dis erger as om by die Israeliese weermag aan te sluit met al die vorms, vrae en verslae wat nodig is. Intussen besoek sy n naskoolsentrum waar daar n paar aktwiteite aangebied word. Ek moet egter elke keer saam "reis" soontoe en haar weer gaan haal. Sy behoort dit later op haar eie te kan doen.

Ek het n baie nice pottery studio in Somerville "hier naby" ontdek. Met n motor seker 15 min se ry maar met die bus of met twee verskillende T-ritte neem dit n 45min om daar te kom want niks loop direk soontoe nie. Desnoods moet ek in die dag klas neem want die area is nie ideaal vir aandwandelinge nie.

tot by die Tubestasie en verder

langs die Charlesrivier


Vir my en Renée neem dit ten minste 10 - 20 min se vinnige stap na enige plek toe, insluitend die naaste bushalte. Die T (soos hulle die moltreine hier noem) is so 15 - 20 minute se stap weg. Ons lê presies in die middel van twee stasies. Tel daar by die minute wat jy moet stap as jy afklim om jou bestemming te bereik en dit neem jou n goeie uur na uur en n half om enige plek, (behalwe die naaste supermark) te bereik, jou besigheid vinnig te doen en weer terug te kom. Soms is daar drie sulke uitstappies per dag. Neem in ag dat Renée nie heeltyd wil vinnig stap nie en my gereeld herinner dat sy nie daaraan gewoond is om so baie te stap nie!


Aangesien ons nie heeltyd na die huis kan terugkom wanneer ons eers aan die rondloop is nie, word ons baie gereeld in Starbucks opgemerk of het ons n Dunkin Donut in die hand. Daaroor kla ons glad nie. Te voet sien ons sien baie mooi dele van die stad. Sondag het ons downtown Boston verken en Christof het ons gewys waar hy voorheen in Beacon Hill gebly het - weer ver gestap. 


deur die Boston Common (winter, nog baie droog)


Sal Christof toe ook nie nog baie skepties reageer toe ek sê ek kry genoeg oefening met die stappery nie.


 Volgende op die agenda is n besoekie aan Hollywood. "LA toe" soos Renee heeltyd na haar verjaarsdagpresent verwys. Dis waar ons die huise van die celebrities moet gaan kyk, die Walk of Fame moet beleef en die Kardashians se winkel moet gaan soek - bear with me. Van daar gaan ons met die trein in die rigting van San Francisco ry waar ons by my broer Streicher, sy vrou Hillet en hulle drie kindertjies gaan kuier in Salinas. Ek sien baie uit na hierdie treinrit van 8 ure wat blykbaar deels langs die see en deur n baie mooi landskap loop.


Christof gaan van 16 tot 31 Maart op n amptelike VN landsbesoek na Indië. Dit gaan n baie besige tyd vir hom wees met geen tyd vir ontspan nie. Voor dan moet hy n VN-verslag oor die "veiligheid van joernaliste" indien. Dis n baie interessante onderwerp wat al hoe meer relevant word aangesien joernaliste toenemend op gevaarlike plekke verslag doen - baie keer soos die moeilikheid plaasvind. Die skokkende gebeure waartydens twee joernaliste onlangs in Sirië vermoor is, word onder andere in die verslag aangespreek.  Verlede week moes hy hieroor praat as deel van n paneel in Cambridge, Engeland. Baie geniet, teruggekom en gese hy's nou moeg vir al die slim mense.


Samuel Adams - Boston se bier, cheers!

3 comments:

  1. Indien jy die blog vir die eerste keer lees, begin by die menu regs. Volg die nommers, lees van onder af. Dis net my dagboekie hier in Boston - geen groot skrywery nie. FH

    ReplyDelete
  2. "geen groot skrywery nie" miskien, maar een groot lekker lesery. Geniet!

    ReplyDelete
  3. Mooi foto's en interessante stories. Lekker om te sien en te lees. Geniet elke oomblik. JvH

    ReplyDelete