Friday, March 2, 2012

1. Aankoms in Boston Feb 2012

Renee in Grand Central Station met die mooi horlosie in die agtergrond
- so n bekende plek in die movies.

Niemand so wonderlik soos ou, (nou famous) vriende nie! 
Albertus help ons met die tasse in NY, geen manier waarop sonder hom sou kon beweeg nie. 

Welkom blomme te Howlandstr 5, Cambridge, Massachusetts 02138
- vir indien iemand vir ons n brief wil skryf - asb!


25 Feb 2012

Aangekom in Boston en dit is vriesend koud hier. Ligte, fyn sneeuvlokkies val op die oomblik aan die eenkant van die huis en aan die anderkant van die huis skyn die son flouerig - dit tel seker vir jakkals trou met ysbeer se vrou? Maar die 'sneeu' is nie genoeg om op die grond te le nie. Mense hier dink dis niks, hulle het laas jaar baie sneeu gehad en hierdie jaar eintlik nog weinig.

Nogal n uitdaging om uit te gaan veral omdat ek n erge verkoue opgedoen het - seker maar te doen met die verandering van omgewing en gejaagde weggaan tuis. Gelukkig het Albertus ons Woensdag, 22 Feb in NY ontmoet en vir ons regte 'Albertus Swanepoel, New York' sneeuhoede saamgebring. Wanneer ek uitgefigure het hoe om hierdie foto's buite geneem te kry sonder om in daardie oomblik heeltemal vas te vries, sal ek julle laat weet hoe ons daarmee lyk. Op die oomblik is ons net in survivor mode en probeer akklimatiseer. Renee dink natuurlik ek sit aan, sy wil net uitgaan!

Ons huisie is baie 70's, redelik oud maar goed toegerus. Heeltemal groot genoeg, eintlik te groot. Christof gaan ook baie hier werk want die kantoor by die law school se rekenaars werk nie so lekker nie. Eintlik moeilik om te glo want die splinternuwe gebou - 5 min se stap van ons af - het miljoene dollars gekos het is is regtig n pragtige plek, sal ook nog foto's post.

Ons is so 12min van Harvard Square Tubestasie af en het vandag vir ons 'Charliekaarte' (nav die Charlesrivier wat deur Boston vloei) gekoop om mee te ry. Ons wou al downtown Boston toe gaan maar die erge winde by die koue vandag gaan die uitstappie n bietjie verder op ys plaas. Intussen verken ons die omgewing hier rondom Harvard Square en verkyk ons aan die Amerikaners se manier van doen - meestal baie indrukwekkend.

Tot later..f

No comments:

Post a Comment