Saturday, March 3, 2012

2. Op soek na Lady Gaga

file://localhost/Users/Adam/Desktop/Boston%20edit/gagga!.jpg
Gaga (volgens die internet) 
gagga! ons view, maar dit was sy.



1 Maart



Die eerste foto is wat ons van Gaga moes gesien het maar ons angle was anders! Al het ons n uur in vallende sneeu gestaan -  op n afstand agter n versperring. Vir my as Pretorianer wat pas n snikhete somer agter gelaat het, was die sneeu meer indrukwekkend (ek het so iets 25 jaar gelede laas gesien) maar dit was net amper so opwindend vir Renee wat dit vir die heel eerste keer beleef het. 


Wat ons toe gesien het was n motor met donker vensters wat vinnig verby swiep, n halwe wang, n blonde hairdo van agter en n hand wat wuif van agter n groot kar. Gagga (soos ek haar van nou af noem wanneer Renee my nie hoor nie...) het blykbaar iewers op die kampus tussen fans handtekeninge uitgedeel maar daar was geen manier om vooraf uit te vind waar nie - net later op die nuus gesien. Starbucks het darem getroos na die tyd - ons is alweer heeltemal hooked (op Starbucks).

Voor die Born to Brave bus

In die sneeu voor die Sanders Theatre

Wag nog steeds

Born this way


29 Februarie

Ons groot taak vandag - om Lady Gaga te gaan soek in downtown Cambridge Massachusetts - seker gepas dat dit skrikkeldag is en die enigste sneeu van die seisoen, vir vandag voorspel is - hou tog duimvas! Dit sal die beste present ooit vir Renee kan wees - sy verjaar Sondag. 



Ons ken net 3 mense in Boston en het hulle reeds uitgenooi om n draai te kom maak (hoe ken julle ons - moet dit vier). Christof nou in Engeland maar kom darem Sondag terug.


Nie ons huis nie, maar hier naby.


27 Februarie

Groot opwinding aan hierdie kant van die Atlantiese oseaan, en om meer spesifiek te wees in die stad Boston en nog meer spesifiek in die voorstad Cambridge en nog nader - 5 min se stap van ons af by die Sanders Theatre. Dis waar LADY GAGA Woensdag gaan wees om saam met haar ma en Oprah Winfrey, die Born this Way Foundation by Harvard te launch. Moenie my vra wat dit presies behels nie (seker iets in die lyn van Nataniel se huidige show: "Black White Man Woman" by Emperors wat handel oor almal wat nie in een of ander kategorie val nie - dis nwonderlike show moenie mis nie nog aan tot 25 Maart). Dis absolute bysaak want die groot ding is, dalk is daar net n kans dat Renee haar grootste idol van alle tye te siene sal kan kry.

Christof het van hierdie geleentheid te hore gekom en alles probeer om uit te vind hoe om n kaartjie te bekom of om meer inligting oor haar roete van die dag te kry. Dis eintlik net vir die Harvard Graduate Eductation community en daar was net 5 kaartjies vir die publiek te wen. Christof is ook nog more op pad na Engeland so ons sal soos al die ander pleps langs die straat probeer staan (waarskynlik te midde van subzero toestande - reen en sneeu vir Woensdag voorspel) om net n glimpse te kry. Ons hoop is maar daarop dat sy minder gewild onder die akademici hier rond is maar die professor betrokke het vir Christof gese this is a wildly crazy and oversold event. Indien ons net die paparazzi sien sal Renee darem kan se sy het die frenzy rondom Amerikaanse sterre beleef en was op dieselfde tyd op dieselfde plek as mej Gaga - hou tog saam met ons duimvas!! (Ek gebruik nooit twee uitroeptekens nie maar moet in hierdie geval n uitsondering maak).x






No comments:

Post a Comment