Replika van die Mayflower |
Ons het die naweek ’n presiese replika van die “Mayflower” in Plymouth gesien wat in 1620 van Plymouth Engeland tot hier geseil het. Ek sal nie vandag my lewe waag op so ’n klein skippie op die grote oseaan nie. Hierdie skippie het waarskynlik meer as een keer heen en weer gevaar tussen 1620 en 1630.
My voorvaders seil toe mos Afrika toe, waar ek baie gelukkig is om te woon maar hulle het nie mooi gedink nie. Dalk gehoor die weer is baie beter in die suidelike halfrond as hier - en wat dit betref het hulle ’n uitstekende keuse gemaak.
Ok, alles in Amerika is nie beter nie en hier is te veel reëls. Dis darem nie so erg soos Duitsland nie maar te veel vir ’n derdewêreldse burger soos ek. Hulle kan ook glad nie Afrikaans verstaan nie en dit sal op die langduur vir my ’n groot probleem word. Ek sal my familie en vriende te veel mis as ek hier sou bly. En wie wil nou doelbewus leer om soos hulle Engels te praat?! O ja - en hulle kan GLAD NIE Prestik maak nie. Die putty (uitgespreek: pâadie) wat hier beskikbaar is, is hopeloos! En die suiker is simpel, dis so tussen versiersuiker en strooisuiker, nie goed nie...en so kan ek aangaan.
Ons het die Mayflower in Plymouth gesien op pad na Woodshole saam met ’n groep Fulbright mense. Hulle reel so nou en dan interessante uitstappies wat ons tot dusver misgeloop het. Die hele Woodshole (dis ook die plek van waar mens die ferry neem na die bekende eiland, Martha’s Vineyard) word omtrent besit deur die Oseanografiese Instituut van Amerika. Daar word wye navorsing oor seelewe gedoen. Ons het n lesing van Roger Hanlon bygewoon wat vertel het van die ongelooflike veld van kamoeflering van visse waarvan ’n mens weet maar wat nog nie behoorlik nagevors is nie. Hy het voorbeelde genoem van hoe plekke soos Mac Donalds en die sulkes totaal die teenoorgestelde reëls gebruik om juis raakgesien te word. Kyk na hierdie kort videotjie: http://www.youtube.com/watch?v=SCgtYWUybIE - kyk dit veral in slow motion en agteruit - ongelooflik!
Wat wel waar is, is dat so baie dinge uitgesorteer is en so baie waarvoor ’n mens by die huis moet veg hier lankal nie meer ’n issue is nie. Ek het die afgelope week die Museum of Fine Arts besoek, ek sal nog baie moet terug gaan. Daar is ’n pragtige versameling van Amerikaanse kuns en meubels, ou Europese meesters en ook baie Monets, Manets, Picasso’s, Van Goghs, werke van Degas en baie baie meer. Die ruimtes in die museum is pragtig ontwerp en uitgestrek met n groot binnehof waar somerkonserte aangebied word. Verder is daar lewe! Dit bewe van die besoekers en opgewonde mense. Daar is ’n verskeidenheid van restaurante en die museumwinkel - vir my altyd n hoogtepunt - het wonderlike, oorspronklike aandenkings en boeke.
Twee pragtige Renoirs, Dancers in the City en Dancers in the Country wat tans geleen word van die Musée de Orsay in Parys word saam met die een van twee dansers wat hier deur die museum besit word, word pragtig in ’n reuse ruimte uitgestal. Het ook ’n wonderlike uitstalling van Alex Katz daar gesien. Hy is ’n New Yorkse kunstenaar wat in die 60’s begin het om reuse syskerm- en akwatintdrukke te maak van vroue gesigte en dies meer. Vir my ’n welkome verandering om gerespekteerde moderne kuns te sien wat mooi is en waaroor ’n mens vir ’n slag nie hoef te wroeg nie. Kyk ook na die hele museum se website www.mfa.org dit is ongelooflik wat hulle bied en hoe aktief alles bygewoon en ondersteun word. Daar is konserte, onthale, kunsklasse, lesings deurlopend aan die gang. As ons langer hier was het ek defnitief n jaarlidmaatskap uitgeneem.
Alex Katz Exhibition at the Museum of Fine Arts, Boston |

Dancers in Bigour, Museum of Fine Arts, Boston |
Twee pragtige Renoirs, Dancers in the City en Dancers in the Country wat tans geleen word van die Musée de Orsay in Parys word saam met die een van twee dansers wat hier deur die museum besit word, word pragtig in ’n reuse ruimte uitgestal. Het ook ’n wonderlike uitstalling van Alex Katz daar gesien. Hy is ’n New Yorkse kunstenaar wat in die 60’s begin het om reuse syskerm- en akwatintdrukke te maak van vroue gesigte en dies meer. Vir my ’n welkome verandering om gerespekteerde moderne kuns te sien wat mooi is en waaroor ’n mens vir ’n slag nie hoef te wroeg nie. Kyk ook na die hele museum se website www.mfa.org dit is ongelooflik wat hulle bied en hoe aktief alles bygewoon en ondersteun word. Daar is konserte, onthale, kunsklasse, lesings deurlopend aan die gang. As ons langer hier was het ek defnitief n jaarlidmaatskap uitgeneem.
Die hele konsep van “Open Studios” het ook hier vir my nuwe betekenis gekry. In die woonbuurt langs ons, Somerville waar ek pottery doen, was daar twee naweke gelede twee dae waar alle kunstenaars wat van hul huise af werk hulle studios kon oopmaak vir ’n naweek. Goeie geleentheid om bietjie op te ruim en uit tegooi - 400 kunstenaars het deelgeneem. Hierdie naweek was dit by ons in Cambridge aan die gang. Sommige plekke is daar meer as een kunstenaar, ’n tipe “gallery vir die naweek”. Alles is te koop en daar is ’n hele gedrukte boekie met kodes en ’n kaart. Elke huis was met ’n oranje ballon gemerk. Daar is selfs ’n roete met n bussie wat jou verniet vervoer van plek tot plek. Vir my was dit baie interessant om die binnekante van mense se huise en studios te sien. Ek wil so iets by die huis organiseer waaraan lank gevestigde, bekende kunstenaars kan deelneem, net ’n paar woonbuurte, met ’n Suid- Afrikaanse flavour - sal sien.
Ons besoek aan die ballet moet ek ook hier noem al was dit al kortliks op my Facebook bladsy - slaan hierdie paragraaf dan oor:
Ek en Renée het onlangs ’n wonderlike produksie van Don Quixote deur die Boston Ballet Co gaan kyk. Christof het op ’n stadium vir "een aaklige oomblik" soos hy dit gestel het, gedink ons wil hê hy moes saamkom maar gelukkig kon hy toe heerlik by die huis bly en werk! Ek het lanklaas ’n balletproduksie van so n hoë gehalte gesien. Om nie te praat van die Opera House nie! Hulle het die gechoreografeerde weergawe Rudolf Nureyev (wat aansienlik moeiliker deur hom gemaak is) uitgevoer. Hy het self die manlike hoofrol hier in 1982 vertolk. Na afloop van die vertoning het ’n oud-ballerina, in die sewentig, kierts regop en charming, wat self baie saam met Nureyev gedans het, in die foyer vir die mense vertel van die tegniese aspekte van hierdie ballet en van haar herinneringe daaraan om saam met Nureyev te werk. Twee van die dansers wat hoofrolle dans het ook vertel van hoe hulle hierdie rolle geniet. Die klein Chinese ballerina wat gepraat het, word op die internet beskryf as die perfekte kombinasie van "steel and velvet" wat nodig is vir hierdie rol.
Vroeër in April was hier ’n Arts Festival aan die gang vir ’n week. Gedurende daardie week het daar n mini-kunstefees op die kampus afgespeel. Honderde produksies is deur studente oor alle vakgebiede heen aangebied. A capella groepe, bands, plays, dansvertoning ens - kompleet met ’n gedrukte boekie. Party goed, party minder goed maar baie neem deel. Ek was mal oor die argitektuur studente se uitstallings. Kyk na die oulike naam vir hulle kafeteria:
Letterlik duisende uitgepakte stoele in Harvard Yard |
By die Law School voor die stoele uitgepak is. |
Oral in Boston vind daar hierdie week gradeplegtighede plaas (die 361e een -"commencement" soos hulle dit noem) en daar is duisende stoele en ’n honderde wit tente reg oor die Harvard kampus opgeslaan. Hier is 69 kolleges en universiteite in die groter Boston omgewing, so daar moet goed beplan word om die regte datum te kies. Times Magazine se redakteur, Fareed Zakaria is die hoofspreker by die geleentheid. Daar is elke jaar iemand baie bekends wat praat - in die verlede: JK Rowling http://www.youtube.com/watch?v=nkREt4ZB-ck (nice video link), Bill Gates, Moeder Theresa, Alan Paton, Winston Churchill om ’n paar te noem. Mens kan glad nie kaartjies kry nie maar ons gaan tog probeer om iewers te staan en iets te hoor. Ek hoop hulle cope dan met die weervoorspelling van reën, alhoewel ek op die internet daar is alweer ’n hele plan "In case of rain..."
Dit het toe nie gereën nie! |
:)
ReplyDelete